Webb se Eerste Diepveld

Webb se Eerste Diepveld.

Webb se Eerste Diepveld is die eerste amptelike foto wat die James Webb-ruimteteleskoop geneem het. Dit is van die sterrestelselswerm SMACS 0723, wat 4,6 miljard ligjare van die Aarde af geleë is. Dit is op 11 Julie 2022 aan die wêreld uitgereik en dek 'n klein deeltjie van die lug wat uit die Suidelike Halfrond sigbaar is. Duisende sterrestelsels is sigbaar op die foto, wat die beeld met die hoogste resolusie is wat nog van die vroeë heelal geneem is.


Developed by StudentB